Die voorste Absa Curriebeker-driedrukker die afgelope twee seisoene, Raymond Rhule van die Vrystaat Cheetahs en Springbokke ontvang hier sy splinternuwe Kia Cerato in Bloemfontein. Die vuurwa met sy pragtige lyne pas uitstekend by die vleuel wat ook al vir die Junior Bokkies gespeel het en in 2012 agt en in 2013 sewe drieë in die reeks om die Goue Beker ingeryg het. Rhule was ook al lid van die Springbok-toerspan na Brittanje verlede jaar.







