Die jaarlikse prysuitdeling van Suid-Vrystaat het onlangs plaasgevind en die top-presteerders het erkenning vir hul vertonings ontvang.
Die twee van die top-spelers van die Munisipaliteit Rolbalklub, Hertzog Meiring, die Proteaspeler en Denise Glaun, is as Suid-Vrystaat se Victor en Victrix Ludorum bekroon. Albei is ook ingesluit in die Suid-Vrystaatse span die inter-distriktespanne vir aanstaande jaar.
Ander top-presteerders in die distrik het ook erkenning gekry. Onder hulle tel die 85-jarige Flip Steyn van Orangia Rolbalblub, wat vanjaar die Suid-Vrystaatse senior enkelspetitel verower het.
Die Suid-Vrystaat se inter-distriktespanne vir 2014 is ook aangekondig.
Die spanne is:
Mans – Ope: W. York, H. Meiring, A. Peterson, C. Roets, R. Wiid, H. Fourie, F. Watkins en V. Mphale.
B-span: J. Beer, M. Knoesen, H. Kleynhans, Z. Roets, I. van Rooyen, G. Hamaty, J. du Plessis en C. Hamaty.
Seniors: B. Perry, P. Potgieter, C. Roets, TJ Bramley, S. Lubbe, P. Rossouw, B. Smyth en R. Neethling
Vroue – Ope: B Gerber, D. Fourie, L. York, N. Roets, A. Wiid, N. Breedt, Y. Watkins en N Britz.
B-span: M. Key, J. Pietrucci, A. Hilder, E. Basson, I. Venter, L. van Zyl, R. du Toit en J. van Schalkwyk
Seniors: D. Glaun, M. van Zyl, A Potgieter, S. Brandt, O. Bouwer, M. Grimbeek, R. Pienaar en R. Krige.