E Copy

Date:

Kenneth Kaunda uiteindelik ‘op die herstelpad’

Die Mangaung-metro het uiteindelik begin met herstelwerk aan die omstrede Kenneth Kaundaweg in die noorde van die Rosestad.
Dit nadat inwoners al vir ‘n geruime tyd die veiligheid bevraagteken van hierdie pad wat onlangs teen miljoene rande nuut geteer is. Die afgelope 14 maande was daar al 16 ongelukke waarin vier mense gesterf het en twee mense fisieke gestremdhede opgedoen het.
Volgens Alicia Connoway, ‘n inwoner van Kenneth Kaundaweg, staan die pad reeds bekend as Bloemfontein se eie Kyalami-resiesbaan.
“Motoriste ry nie graag net 60 km/h nie en is nie altyd bewus van die gevare wat hierdie pad inhou nie. Al is die inwoners bly, is die vraag steeds of die pad ten volle en ordentlik reggemaak gaan word.
“Ons glo daar sal nou minder ongelukke plaasvind as die pad herstel is, maar daar is nog ‘n kwessie wat aandag moet kry. Elke keer as daar ongelukke is, word kragpale en -drade af gery, maar dit word nie volledig herstel nie, net tydelik,” sê Connoway. – Jeretha Oosthuizen
[email protected]

 

 

Share post:

Popular

More like this
Related

UFS pianist debuts in Madrid

The University of the Free State (UFS) has celebrated...

NFVF invites applications for public screening funding

The National Film and Video Foundation (NFVF) has opened...

CUT responds to sexual harassment allegations

The Central University of Technology (CUT) has responded to...

ADVERTORIAL: Meet our team of specialists

Life Rosepark Hospital is proud to introduce a dynamic...