SELLWANE KHAKHAU
Die man wat gister tydens arrestasie deur ‘n Bloemfonteinse verkeersbeampte in die been gewond is, verskyn môre in die stad se landdroshof, onder meer op ‘n aanklag van poging tot ontvoering.
Die polisie sê die normale prosedure sal gevolg word in die ondersoek na die skietvoorval. Die man, in sy twintigs, was gisteroggend in ‘n hoëspoedjaagtog met die verkeerspolisie betrokke, nadat hy glo drie kinders, ‘n seun en twee meisies by Glen buite Bloemfontein probeer ontvoer het.







