Bloemfontein – Die Rosestad se wêreldkampioenskap-bronsmedaljewenner, Johan Cronje, is terug in die Rosestad na sy onlangse sukses in Italië.
Die middelafstandatleet het tydens ’n atletiekbyeenkoms in Rieti, Italië sy Suid-Afrikaanse rekord in die 1500m verbeter.
Hy het tweede oor die wenstreep in ’n tyd van 3 minute 31.93 sekondes gehardloop.
Caster Semenya het by dieselfde byeenkoms ‘n silwermedalje in die vroue 800m ingepalm en ook vir die eerste keer onder twee minute oor die afstand gehardloop, tydens haar laaste byeenkoms van die seisoen.
Cronje het aan Courant by die OR Tambo Internasionale Lughawe gesê hy is baie tevrede met sy laaste vertoning van die seisoen.
Cronje gaan nou vir ‘n paar weke rus voordat hy met sy voorbereidings begin vir aanstande jaar se wêreld binneshuise kampioenskappe en die statebondspele.







