E Copy

Date:

Dean Elgar aangewys as die Knights Kriekerspeler van die Jaar

MORGAN PIEK

Chevrolet Knights en Protea-kolwer, Dean Elgar, is as die Knights se Speler van die Jaar aangewys.

Elgar is tans op topvorm en het met beide die kolf en die bal vir die Proteas en Suid-Afrika A uitgeblink.

Hy het die afgelope jaar sy eerste toetshonderdtal vir sy land teen Nieu-Seeland aangeteken.

Hy het ook ’n eersteklas-loopbaanbeste 268 vir Suid-Afrika A aangeteken in hul onlangse reeks teen Australië A.

Elgar was ook een van die voorste boulers in die afgelope plaaslike T20 reeks.

Hy het aan Courantt gesê hy het nie dié toekenning verwag nie en sy spanmaats Rilee Rossouw, Reeza Hendricks en Ryan McLaren verdien ook om in die kollig te wees na hulle skitterende seisoen.

Rudi Second het met die louere weggestap as die Knights se Nuweling van die Jaar, terwyl Rilee Rossouw aangewys is as spelers se Speler van die Jaar.
 

Share post:

Popular

More like this
Related

UFS pianist debuts in Madrid

The University of the Free State (UFS) has celebrated...

NFVF invites applications for public screening funding

The National Film and Video Foundation (NFVF) has opened...

CUT responds to sexual harassment allegations

The Central University of Technology (CUT) has responded to...

ADVERTORIAL: Meet our team of specialists

Life Rosepark Hospital is proud to introduce a dynamic...