Bloemfontein – Springbok-afrigter, Heyneke Meyer, het ’n onveranderde groep aangekondig vir hul Rugbykampioenskapstoets Saterdag teen die All Blacks in Auckland.
Die Bokke het die Wallabies verlede naweek oortuigend op die Suncorp-Stadion in Brisbane geklop. Maar die Suid-Afrikaners weet dat ’n klipharde stryd op hulle wag in hul poging om ook hul eerste weg-oorwinning oor die Nieu-Seelanders sedert 2009 te behaal.
Meyer het tydens die spanaangekondiging gesê sy span fokus op Saterdag se wedstryd en kyk nie terug na wat in die verlede gebeur eht nie.
Die Bokbreier het bygevoeg dat hy sy span vir hul skittervertoning teen Australië vergoed het deur ’n onveranderde 23-tal vir die Aucklandtoets aan te kondig.
Die kragmeting op Eden Park skop om 9:35 af.
Die Springbok span om die All Blacks te pak is –
15. Zane Kirchner, 14. Willie le Roux, 13. JJ Engelbrecht, 12. Jean de Villiers (captain), 11. Bryan Habana, 10. Morné Steyn, 9. Ruan Pienaar, 8. Duane Vermeuelen, 7. Willem Alberts, 6. Francois Louw, 5. Flip van der Merwe, 5. Eben Etzebeth, 3. Jannie du Plessis, 2. Bismarck du Plessis, 1. Tendai Mtawarira.
Plaasvervangers –
16. Adriaan Strauss, 17. Gurthrö Steenkamp, 18. Coenie Oosthuizen, 19. Juandré Kruger, 20. Siya Kolisi, 21. Jano Vermaak, 22. Pat Lambie, 23. Jan Serfontein.







