E Copy

Date:

Huis aan brand in Bloemfontein

Owen Kock

Bloemfontein. – ‘n Bloemfonteinse gesin is ongedeerd na ‘n brand vanoggend hul huis in Uitsig in puin gelê het.

Die Bloemfonteinse brandweerdiens is tans besig om die vuur te blus, terwyl die ouers en twee kinders wat uit die huis gered is vir rookinaseming by die Life Rosepark-hospitaal in die stad behandel word.

ER24-woordvoerder Lukas Bezuidenhout is tans op die toneel en vertel dit lyk of die huis heeltemaal verwoes is.

"Op die oomblik is die stadsbrandweer steeds besig om die brand te probeer blus. Ons het die oproep sowat 06h00 gekry en die inwoners van die huis by die bure gekry en hulle vir rookinaseming behandel, waarna hulle na Rosepark vervoer is vir behandeling.

"Die huis lyk of hy redelik erg beskadig is en dit brand op die oomblik nog steeds, hoewel ons dit  probeer blus," het Bezuidenhout kort voor 07h00 vanoggend laat weet.

Share post:

Popular

More like this
Related

Two arrested in Meloding for possession of explosives

Two men, aged 37 and 47, have been arrested...

Harlem street leak repaired after weeks of complaints

The Mangaung Metro Municipality (MMM) says it has repaired...

Government assures smooth transition to Postbank black cards

Newly appointed minister of social development Dina Pule has...

Premier calls for accountability in housing contract projects

Free State Premier MaQueen Letsoha-Mathae has called on officials...