Bloemfontein – Die Vrystaat Cheetah-stut Schalk van der Merwe is vrygespreek na ’n tugverhoor in Kaapstad vir ’n gevaarlike duikslag op die Blou Bulle-heelagter, Jurgen Visser.
Die uitslag beteken dat Van der Merwe dié naweek vir die Vrystaters in hul Curriebekerhalfeindrondtewedstryd teen die Haaie in Durban mag uitdraf.
Hy kan moontlik vir Rossouw de Klerck op die plaasvervangerbank vervang.
Advokaat Donny Jacobs het bevind dat daar nie voldoende bewyse is dat die speler vir Visser tydens die plettervat omgedop het nie. Van der Merwe is in die 74ste minuut van die wedstryd na die voorval met ’n rooikaart van die veld gestuur.







