E Copy

Date:

Heidedaller-benoemings groei by die dag

Jouline Fourie

Jouline Fourie is ‘n haarkapster en die eienaar van Salon Jolene en Salon Jonaz.
Hoe voel jy oor jou nominasie as Heidealler van die Jaar?
Ek moet sĂȘ, ek was aangenaam verras. Ek het nooit gedink dat so ‘n nominasie op my pad sou kom nie, maar ek glo dit is alles te danke aan die genade en guns van ons Vader.
Hoekom dink jy is jy genomineer?
Ek dink dit is omdat ek nou al vir ‘n aantal jare in die harebedryf is en toegewyd is tot my kliĂ«nte in die gemeenskap, altyd ‘n helpende hand uitreik waar ek kan en so ook werkskepping in die gemeenskap bevorder.
By watter gemeenskapsprojekte was jy oor die jare in Heidedal betrokke?
In my persoonlike hoedanigheid het ek gereeld matriekmeisies wat van maatskaplike hulp afhanklik is, gehelp. Ek help ook kerkinstasies sowel as privaat organisasies deur pryse te borg. My eggenoot en ek gee ook op ‘n gereelde basis skoene aan minderbevoorregtes.
Indien jy gekies sou word as Heidedaller van die Jaar, wat is die dinge wat jy in Heidedal sou wou aanspreek?
Die jeug in Heidedal! Ek dink persoonlik daar is te min aktiwiteite in die gemeenskap om die jeug besig te hou. Ek sal graag my aandag daaraan wil bestee, met ‘n Christelike benadering en met hulp en krag van Bo. Ek glo dat ‘n Christelik sterk jeug’n sterk gemeenskap na vore sal bring.

Jeretha Oosthuizen
[email protected]

 

Ruwaidah Henney

Ruwaidah Henney, ‘n advokaat, is genomineer vir Heidedaller van die Jaar.
Hoe voel jy oor jou nominasie vir Heidedaler van die Jaar?
Dis vir my ‘n groot voorreg om genomineer te word. Dit is ‘n aangename verrassing. Ek sien uit na die reis tot en met die gala-aand.
Hoekom dink jy is jy genomineer?
Ek is baie passievol oor ons gemeenskap en geregtigheid. Verskeie projekte het gedurende die jaar plaasgevind waarin ek ‘n rol gespeel het. Baie van die projekte met skole, waarby generasies vorentoe baat sal vind, het agter die skerms plaasgevind Ek is van nature ‘n leier en ek neem standpunt in waar ek moet.
By watter gemeenskapsprojekte was jy oor die jare in Heidedal betrokke?
As direkteur van The Pink-project, het ek oor die jare baie gemeenskapsprojekte geloods. Aktiewe betrokkenheid is vir my baie belangrik. Ek was in die verlede betrokke by projekte gemik teen vroue- en kindermishandeling. Ek verskaf sedert 2012 gratis regsadvies aan slagoffers van mishandeling. Verser tree ek op as spreker by geleenthede om jongmense te motiveer. As sakevrou help ek graag nuwe besighede op die been kom onder leiding van my besigheid, Zen Consulting.
Indien jy gekies sou word as Heidedaller van die Jaar, wat is die dinge wat jy in Heidedal sou wou aanspreek?
My fokus sal gemik wees op ons jongmense. Ek voel dat ons jeug moet fokus op geleerdheid sowel as as hul toekoms. Hul leierseienskappe moet ten volle ontwikkel word. Ek sal aktief betrokke raak by skole om my doelwit te bereik. Op hierdie manier motiveer ek ons jeug om op die positiewe te fokus. Ek wil graag hĂȘ dat ons jeug weer ‘n liefde vir lees ontwikkel. As akademikus is dit my doelwit om meer van ons jongmense by gradeplegtighede te sien.

JERETHA OOSTHUIZEN
[email protected]

 

Basil Fillies

Club10 Society, wat as instansie van die Jaar benoem is, is in 1995 gestig, met Basil Fillies wat sedert 1995 as voorsitter dien.
Hoe voel jy oor die nominasie as Instansie van die Jaar?
As voorsitter van benoemde instansie voel ek en die lede baie geĂ«erd, bygesĂȘ, baie verras. In dieselfte sin kan ons ook dankie sĂȘ daarvoor. Ons was nooit eintlik bewus daarvan dat mense weet van ons bestaan en ons betrokkenheid by die gemeenskap nie.
Hoekom dink jy is die instansie genomineer?
Ons is sedert 2010 betrokke by verskillende projekte in die gemeenskap en glo dat ons ‘n inpak gemaak het in baie mense se lewens. Alle eer en dank aan die Almagtige Vader.
By watter gemeenskapsprojekte was jy en die instansie oor die jare in Heidedal betrokke?
As ons kan, skenk ons graag donasies aan instansies of individue wat aan projekte in die gemeenskap werk. Ons pak ook ons eie projekte jaarliks aan en gee sedert 2010 kos, klere en komberse aan kinderhuise en outehuise. Skenkings van skooluniforms vind ook jaarliks plaas waarby agt leerlinge van die vier verskillende laerskole in Heidedal baat vind. Ons het ook deel uitgemaak van die optog teen dwelmmisbruik wat in Maart 2017 plaasgevind het.
Indien die instansie gekies sou word as Instansie van die Jaar, wat is die dinge wat jy in Heidedal sou wou aanspreek?
Gelukkig is die klub geseënd met lede wat baie ambisieus is en is uitdagings vir hulle geleenthede. Ons sou graag die hoë drank- en dwelmmisbruik onder skoolkinders aanspreek.

jeretha Oosthuizen
[email protected]

Share post:

Popular

More like this
Related

CUT women hockey finish fifth at USSA

The Central University of Technology (CUT) Ladies Hockey Team...

Two suspects to appear in court for house robbery

Two men aged 27 and 35 are expected to...

Small food changes can boost energy

Many South Africans struggle with low energy, but the...

Centlec provides update on ongoing power restoration efforts

Centlec has informed residents of Bainsvlei, Mooiwater, Waterbron, Spitskop...