DA-raadslid van wyk 47, John de Bruin, sĂȘ die gemeenskap van Heidedal is nou moeg vir die Managaung-metro-munisipaliteit.
Dit volg nadat lede van Mozartstraat in Heidedal saam met De Bruin verskeie klagtes by die munisipaliteit ingedien het oor die rioolwater wat die strate van Heidedal vol loop. De Bruin vertel dat hy reeds talle klagtes by die departement ingedien met betrekking tot die blokkasies in die rioolstelsel in Heidedal. “Daar is egter geen vordering gemaak nie,” sĂȘ hy.
Volgens De Bruin lĂȘ die probleem in die infrastruktuur. “In die laaste paar maande ervaar ons baie blokkasies in die strate van Heidedal.

Dit is ‘n gesondheidsrisiko en as gemeenskap voel ons as belastingbetalers genoeg is genoeg. Ons vra die munisipaliteit om dringend aandag te gee aan ons probleme.”
Met Voiceww se besoek aan Mozartstraat, is gevind dat die straat oorloop met rioolwater. Dit veroorsaak dat lede van die gemeenskap die straat vir dae lank nie kan gebruik nie. Die probleem is egter intussen opgelos.
PIERCE VAN HEERDEN
[email protected]







