E Copy

Date:

Heidedal se 100 j met boekprojek gevier

Die Heidedal-gemeenskap, wat in 1921 gestig is, is nie net ryk aan geskiedenis en kultuur nie, maar vier ook vanjaar sy 100ste bestaansjaar met ‘n spesiale boekuitgawe.

Heidedal het sy oorsprong in die Waaihoek-gemeenskap gehad toe die destydse regering, tussen 1918 en 1924, ‘n proses van gedwonge verskuiwing toegepas het. Dít volgens gemeenskapaktivis, Gregory Werner, wat aan Bloemfontein Courant vertel het dat die mense van Waaihoek nie-rassig was. Barolong, Basotho, sogenaamde Baster, Griekwa en Koranna het vir dekades saamgewoon.

“Vir meer as 50 jaar het mense uit alle oorde en rasgroepe saam in Waaihoek gebly. Die gemeenskaplede was verenig in hul soeke na ‘n beter lewe en die verskillende rasgroepe het onder mekaar getrou. Baie van die families is tragies geskei in die tydperk tussen 1918 en 1924,” sê Werner.

Volgens hom het die regering die inwoners geskei, en hulle moes na Batho (1918) verskuif. Die wat as sogenamde Basters of as bruin mense beskou was, moes na Heatherdale trek. In 1965 het die Bloemfonteinse Munisipaliteit Heatherdale as bruingebied geproklameer en die naam is verander na Heidedal.”

Werner saam met joernalis, skrywer en navorser, Stephen Langtry, en die sakeman, Quincy Monchusie, gepoog om die geskiedenis van die gemeenskap amptelik te dokumenteer en beskryf dit as a erfenisprojek.

“Ons hoor gereeld en ken ook die stories oor Distrik Ses, Marabastad en Sophia Town, maar daar is bitter min gedokumenteer oor Waaihoek en hoedat dit bygedra het tot die ontstaan van Heidedal. Families is geskei en nou nog is daar baie families wat moet saamleef met die effek van die skeiding wat plaasgevind het in 1921.

Die idee van die boek is om ‘n ware weergawe van die geskiedenis te gee in die hoop om ontbrekende stukke van die legkaart bymekaar te voeg.

“Die boek gaan definitief versoeningwaarde bied en ons hoop onder meer ook dat dit ‘n uitlaatklep sal wees vir die onvertelde stories wat die skeiding in 1921 en die daaropvolgende politiek van verdeeldheid meegebring het,” sê Werner.

Lede van verskeie gemeenskappe word genooi om na vore te kom indien hulle voel hulle kan ‘n bydrae lewer tot die projek. Die span kom op 9 Oktober by Moods & Flavours in Heidedal bymekaar. Kontak Gregory Werner by 084 310 4596 as u belangstel om dit by te woon.

Pierce van Heerden

[email protected]

Share post:

Popular

More like this
Related

CUT prepares future teachers for classroom success

The Central University of Technology, Free State (CUT) has...

SASSA condemns illegal sale of queue positions at offices

The South African Social Security Agency (SASSA) has condemned...

UFS pianist debuts in Madrid

The University of the Free State (UFS) has celebrated...

NFVF invites applications for public screening funding

The National Film and Video Foundation (NFVF) has opened...