Familie-trekkerfees Saterdag in BFN gehou

0
1778

Veteraantrekkers en ou masjinerie gaan Saterdag weer op Quaggafontein buite Bloemfontein dreun, op die Sentraal-Vrystaatse Veteraantrekker-en-Enjinklub en die Ferreira-museum se jaarlikse familie-trekkerfees. Die eienaar van die Ferreira-museum, Jannie Ferreira, sê ’n groot verskeidenheid trekkers en werktuie uit toeka se dae gaan gesien kan word op dié fees wat verlede jaar sowat 2 000 besoekers gelok het. Hy sê daar gaan oudergewoonte talle kosstalletjies, ’n kroeg en vermaak vir oud en jonk wees. Lede van die Boeremusiekgilde gaan op die feesdans die musiek maak.
Die Ferreira-museum is in Speserylaan 16, Quaggafontein.