‘n Egpaar van Heidedal, wat deur gemeenskapslede as liefdevol teenoor mekaar en teenoor ander mense beskryf is, word hierdie naweek saam begrawe na ‘n skiettragedie wat hom Saterdag in hul huis in Bloemside afgespeel het.
Die polisie in Bloemfontein het diĆ© week ‘n geregtelike ondersoek begin nadat Nathan Maasdorp (46) en sy vrou, Megan (32), Saterdagmiddag met skietwonde in die kop in hul huis in Sonvisstraat gevind is.
Nathan het vermoedelik eers sy vrou geskiet voordat hy die vuurwapen op homself gerig het. Polisiewoordvoerder, kol. Thandi Mbambo, sĆŖ ‘n 9 mm-pistool is op die grond by die egpaar se lyke gevind. Die polisie is in die proses om vas te stel aan wie die pistool behoort het en of dit wettig is.
Die egpaar se drie minderjarige kinders, twee seuns en ‘n dogter, was nie tuis toe die skietery plaasgevind het nie. Volgens Mbambo is die motief vir die skietery nog onbekend. Die polisieondersoek duur voort.
Familie, vriende en gemeenskaplede is steeds diep geskok en stomgeslaan oor die manier waarop hierdie “oĆ«nskynlik gelukkige” paartjie gesterf het.
Nathan se swaer, Arnold van Wyk, sĆŖ Nathan was ‘n baie pligsgetroue en saggeaarde persoon wat altyd sy vrou en kinders eerste gestel het.
“Albei families kan getuig van sy groot liefde vir sy gesin. Die verlies van sy werk laat verlede jaar het hom baie swaar getref, maar met die hulp van die breĆ«r familie het hy onder moeilike omstandighede moedig by sy gesin gestaan,” het Van Wyk aan Bloemfontein Courant gesĆŖ.
Megan se pa, Jan Scott, sĆŖ hy sal sy dogter as ‘n lewenslustige persoon onthou wat uitgesien het na die toekoms.
“Sy was altyd vriendelik met almal gewees. Teenoor ons as haar ouers was sy altyd nederig soos ‘n kind behoort te wees. Ons sal haar opgewekte geaardheid baie mis. Mag haar pragtige siel in vrede rus,” sĆŖ Scott.
Die egpaar word op Saterdag 16 September om 08:00 uit hul huis in Sonvisstraat in Bloemside begrawe. Die begrafnisdiens is om 09:00 uit die Nuwe Apostoliese Kerk in Gladiolastraat in Heidedal. Die teraardebestelling is om 10:00 in die Suidpark-begraafplaas.
–Ā Pieter Delport en Christal-lize Muller
[email protected]







