Owen Kock
Bloemfontein. – Die EFF se toetrede tot die nasionale vergadering na hulle meer as ‘n miljoen stemme in die vyfde demokratiese verkiesing verlede maand gekry het, is geen verrasssing nie.
Dis volgens die politieke ontleder Dirk Kotzé, wat sê die aanvanklike verwagting was dit hulle in die omgewing van vyf present van die stemme sou kry. Hy meen die stemme wat hulle gekry het, was die voorspelling van politieke ontleders, wat die regerende ANC se verlies sou wees.
Die EFF is die amptelike opposisie in Noordwes en in Limpopo, vanwaar sy leier Julius Malema afkomstig is.
“Wat interessant is, is dat die EFF ‘n groot klomp van sy stemme uiteindelik van Cope gekry het en nie direk van die ANC nie, so dis iets wat relatief onvoorspelbaar was.
“Maar as jy die EFF vergelyk met Cope in 2009, het hulle nog een present minder as Cope gekry so dit is in ‘n sekere sin in lyn met die tendens met nuwe partye wat uit die ANC wegbreek.”







