E Copy

Date:

“Dust in the wind”

Die lewe gaan vinnig verby. Hieroor skryf Jakobus in Jakobus 4 vers 14: “Julle is maar ‘n damp wat ‘n oomblik verskyn en sommer weer verdwyn.” So gou, so maklik, maar harsteer! Dít is die werklikheid van die lewe. ‘n Mens sou dit kon beskryf met die woorde: “die verganklikheid van die mens”. Jakobus skryf dit omdat hy besef dat daar onsekerheid is oor die dag van môre. In Psalm 78:39 lees ons: “Hy het daaraan gedink dat hulle maar mense is, wind wat verbywaai en nie terugkom nie.” Daar bestaan min sekerhede in die lewe ten spyte van die feit dat ons ons sekerhede bou op ons eie planne, status en prestasie. Uiteindelik is die enigste sekerheid, en Paulus stel dit baie mooi, “dat ons aan die Here Jesus behoort” en volgens Romeine 8 “niks ons sal kan skei van die liefde van Jesus Christus nie”. Tog besef ek die wind waai verby en dan is dit weg. Die rimpeling van iemand se bestaan leef vir ‘n rukkie in die water en dan gaan alles maar weer voort op die ou patroon – ons is maar “dust in the wind”.

Ds. Stephan van Heerden

Share post:

Popular

More like this
Related

Mandela Day in Bloem

Looking for a meaningful way to spend your 67...

Minder bevoorregte leerlinge se matriekafskeiddrome bewaarheid

’n Geldinsamelingsgeleentheid om minder bevoorregte matriekleerlinge te help om...

ADVERTORIAL: Shaping the future of property through innovation and family values

From military discipline at sea to the boardrooms of...

Sunflower Children’s Hospice begins archive project

For nearly three decades, Sunflower Children’s Hospice has been...