E Copy

Date:

Du Preez help slyp by die Proteas vroue

Die voormalige veelsydige VKB Knights-speler, Dillion du Preez, is na die Proteas-vrouekamp in Pretoria opgeroep.

Du Preez sluit by die kamp aan as boulspesialis en konsultant en sal help om die nasionale span voor te berei vir hul beplande toer na Engeland in September.

Du Preez is ‘n afrigter by die Knights en Vrystaat en sal onder die Hilton Moreeng werk, wat self uit die Bloemfonteinse span afkomstig is.

In hierdie stadium is dit onseker of Du Preez net sal help en of hy langer by die span sal wees.

Onlangs is Du Preez aangewys as hoofafrigter van die Athens Tiger-klub vir die Griekse Premierliga, wat aanstaande jaar sal plaasvind.

Du Preez aan Bloemfontein Courant gesê dat dit vir hom ‘n baie goeie geleentheid is om in Griekeland te werk. Sonder twyfel sal dit ook ‘n ideale geleentheid wees om met ‘n internasionale span te werk.

Volgens ons inligting is daar ‘n goeie kans dat Du Preez vir ‘n langer periode met die Proteas kan werk. Hy het egter erken dat hy en Moreeng nog nie in gesprek getree het nie.

Moreeng se kontrak as nasionale vroue-breier is onlangs verleng. – MORGAN PIEK 

Share post:

Popular

More like this
Related

UFS pianist debuts in Madrid

The University of the Free State (UFS) has celebrated...

NFVF invites applications for public screening funding

The National Film and Video Foundation (NFVF) has opened...

CUT responds to sexual harassment allegations

The Central University of Technology (CUT) has responded to...

ADVERTORIAL: Meet our team of specialists

Life Rosepark Hospital is proud to introduce a dynamic...