E Copy

Date:

Droom-aanstelling vir Bfn-regskenner

“Om aktief by te dra tot die sukses van ons lede is bevredigend aangesien hulle deurslaggewend is in die toekomstige sukses van die organisasie.” Dit is volgens Jaundré Kruger van Bloemfontein nadat hy as die Nasionale Bestuurder van die Consolidated Employers’ Organisation (CEO SA) aangestel is.

Annelien Breed, die organisasie se Uitvoerende Direkteur, sê net soos in 2020, is 2021 oorheers deur nuwe arbeidsuitdagings en -bedreigings – veral vir hul eie lede, van wie baie klein- en mediumgrootte ondernemings is. Haar rol word aangevul deur die aanstelling van Kruger. “Die Uitvoerende Direkteur-funksie is gefokus op die organisasie se visie, kultuur en strategie. My doel is om te verseker dat ons volhoubaar bly en die mededingende voordeel verkry en behou, terwyl die behoeftes van die organisasie, ons lede en die werknemers gebalanseer word,” voeg Breed by.

Kruger se posisie as Nasionale Bestuurder sal van hom vereis om nou saam te werk met die Uitvoerende Direkteur en te fokus op die ontwikkeling van die span deur opleiding, werwing en die behoud van talent.

Kruger sê dat lede na hulle toe kom wanneer hulle in die knyp is. “Die diensverhouding, veral die beëindiging daarvan, kom met geweldige emosionele stres en die mees bevredigende uitkoms wanneer ons met werkgewers werk, is om die verligting te sien wanneer hulle besef dat hulle ‘n span regslui aan hul kant het gedurende hierdie tye.”

Die nuwe aanstelling sal die organisasie se korporatiewe visie versterk om ’n deurslaggewende rolspeler binne die arbeidsarena te word, werkgewers te bemagtig om besighede te skep en in stand te hou binne die arbeidsraamwerk van Suid-Afrika, en om diens van hoë gehalte aan werkgewers teen bekostigbare tariewe te bied.

Sazly Hartzenberg

[email protected]

Share post:

Popular

More like this
Related

UFS pianist debuts in Madrid

The University of the Free State (UFS) has celebrated...

NFVF invites applications for public screening funding

The National Film and Video Foundation (NFVF) has opened...

CUT responds to sexual harassment allegations

The Central University of Technology (CUT) has responded to...

ADVERTORIAL: Meet our team of specialists

Life Rosepark Hospital is proud to introduce a dynamic...