Bloemfontein – Die Vrystaat Cheetahs het hulle diepte versterk met de aanwins van Willie du Plessis. Die opwindende veelsydige agterspeler het die afgelope twee jaar vir die dubbele Varsitybekerkampioen, Tukkies, gespeel.
Met die Hennie Daniller wat tans met ‘n ligte gewrigbesering sukkel, kan Du Plessis moontlik die naweek al sy buiging vir die Cheetahs teen die Westelike Provinsie op Nuweland maak.
Indien Daniller die wedstryd misloop kan Riaan Smit op heelagter begin met Elgar Watts wat op loskakel sal uitdraf. Du Plessis sal dan op die bank speel as dekking vir beide Smit en Watts.
Die Vrystaat Cheetahs se wedstryd ten WP op Nuweland skop om 19:10 Saterdag-aand af.







