E Copy

Date:

Deense burger bots voorheen met Suid-Afrikaanse gereg

Dit het dié week in die hof uitgekom dat die Deense burger, wat vroue se geslagsdele besny het en as trofeë gehou het, reeds voorheen kennis gemaak het met die Suid-Afrikaanse gereg. Peter Frederiksen (63) het skuldig gepleit nadat hy in 2013 met 'n olifanttand betrap en 'n boete van R2500 opgelê is.
Dié man, met 'n vuil baard, het Maandag geïrriteerd in die landroshof voorgekom en van fotograwe probeer wegkom. Sy saak is tot 28 September vir verdere ondersoek uitgestel, nadat hy vlugtig op twee aanklagte van seksuele aanranding, oortreding van die nasionale gesondheidswet en intimidasie en aanranding verskyn het.
Een-en-twintig dele van vroulike geslagsdele is in Frederiksen se vrieskas in sy meenthuis in Langenhovenpark gevind.
Volgens die polisie het hy blykbaar aan hulle inligting verskaf nadat hy in die sop beland het en gesê die vroue het na hom gekom om die besnyding te doen. Sy vrou (van wie hy intussen geskei is), het volgens hom die snywerk gedoen. Hulle was na verneem word, vier jaar getroud.
Die saak het heelwat belangstelling gelok, soveel so dat 'n joernalis en fotograaf uit Denemarke die saak bygewoon het. Die man word blykbaar in Denemarke vir onwettige wapenhandel gesoek. Hy besit 'n wapenwinkel in die middestad in Bloemfontein.
Die verdagte is, volgens bure in Langenhovenpark wat nie hul name genoem wil hê nie, lank reeds in die land en hulle weet ook dat hy vir sy heelwat jonger vrou 'n huis in Lesotho gekoop het. Hy het blykbaar ook 'n voorkeur vir swart vroue.
"Dit was nou nie elke naweek nie, maar daar was altyd vroue by die huis en nooit dieselfde vroue nie. Ek voel eintlik jammer vir sy vrou," het een van die bure met wie Courant gesels het, vertel.
"Ek en sy vrou was goeie vriende en sy het gereeld by my kom teedrink. Eers later het sy begin kla en ek het haar aangeraai om polisie toe te gaan, maar sy het altyd gesê dat sy nie genoeg bewyse gehad het nie.
"Maar dit was blykbaar genoeg en Donderdag (verlede week) het sy die maatskaplike dienste laat weet, wat, soos ek verstaan, die Valke in kennis gestel het. Toe ons weer sien, was die erf vol mense en ons het uitgevind 'n ondersoek is aan die gang. Ons het gedink dit gaan seker oor wapens omdat hy 'n wapenwinkel besit," het die bure verder vertel.
Nog een van die bure vertel dat sy die man ten alle koste vermy het. "Ek is 'n groot praat-mens, maar met hom het ek nie 'n geselskap aangeknoop nie; iets het my gepla. Hy het gereeld na drank geruik en was bekend as iemand wat van drank gehou het. Toe ek die storie lees, was dit vir my so erg dat een van my bure my kalmeerpille moes ingee. Om te dink so iets het onder ons neuse gebeur en niemand het geweet wat aangaan nie. Ek is net jammer vir daai twee pragtige kinders van hom en sy vrou. Wat gaan van hulle word? Hulle is so pragtig," het sy gesê. – Owen Kock
[email protected]

Frederiksen se meenthuis in Langenhovenpark waar die dade moontlik gepleeg is.

Wat die media wêreld te sê het oor Peter Frederiksen

Die 63-jarige Peter Frederiksen het in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn nadat 21 klitorisse in sy yskas in sy Langenhovenpark-huis gevind is. Hier is wat die media tot dusver berig het:
1. Sy vrou lig die polisie in oor die voorvalle.
2. Polisie ontdek 21 dele van vroulike genitalieë.
3. Verskeie seksueel eksplisiete foto's is in sy huis gevind – insluitend een van 'n baie jong meisie. Polisie is ook besig kinderpornografie-saak te ondersoek.
4. Berigte in die Deense media dui daarop dat 'n plaaslike dokter in Bloemfontein na bewering lokale verdowingsmiddels aan die man verskaf het.
5. Die man het sy vrou in die Deense media blameer vir die grusame ontdekking.
6. 'n Berig in 'n Deense koerant beweer die man is op 18 Junie in Lesotho in hegtenis geneem nadat sy vrou hom na 'n hospitaal in Maseru ontbied het toe sy daar opgeneem is.
7. Volgens berigte het sy vrou 'n geheuekaart uit sy kamera verwyder en het dit aan die polisie oorhandig.
8. Frederiksen het gesê dat hy net gedoen het wat vrou wou hê hy moes doen – op 'n vrywillige basis. Die voorval het in 2011 plaasgevind en hy kan nie verstaan dat sy vrou ná soveel jare die bewerings maak nie.
9. Die man ly aan hoë bloeddruk en was siek tydens sy inhegtenisname. Sy vrou het na die Lesotho-polisiekantoor gegaan en die volgende beweerde eise gestel: Sy wou 'n maandelikse toelae, 'n motor en toesig oor 'n kind wat by die man gebly het, hê. Hy het ingestem tot alles behalwe oor die toesig van hul kind. Dit was 'n dag nadat hy in hegtenis geneem is in Lesotho.
10.In onderhoude met die joernalis, Jorn Starry, het hy erken dat hy een keer 'n genitale verminkingsprosedure uitgevoer het en beweer hy het dit by die omstrede dokter Jorn Ege, die sogenaamde "penis-dokter" geleer.
11. Polisie sê hy het rekord van elke liggaamsdeel gehou.
12. Forensiese deskundiges se taak is nou om uit te vind of Frederiksen se slagoffers lewend of dood was tydens die prosedures.
13. Die man word ook in Denemarke gesoek vir die onwettige besit van wapens.
14. Die polisie is op soek na 20 ander vroue wat kan help met die ondersoek. Slegs een person, sy vrou, is tot dusver in staat om te getuig in die saak.

 

Share post:

Popular

More like this
Related

UFS pianist debuts in Madrid

The University of the Free State (UFS) has celebrated...

NFVF invites applications for public screening funding

The National Film and Video Foundation (NFVF) has opened...

CUT responds to sexual harassment allegations

The Central University of Technology (CUT) has responded to...

ADVERTORIAL: Meet our team of specialists

Life Rosepark Hospital is proud to introduce a dynamic...