E Copy

Date:

Coetzee wil uitblink in toetskrieket

Die 22-jarige Knights-snelbouler Gerald Coetzee wil sy staal toon in toetskrietket nadat die nuwe afrigter, Shuki Conrad, gesê het die tyd is reg vir die Bloemfonteiner om op die hoogste vlak te speel.

Die Proteas het met ’n nuwe era begin met ’n nuwe afrigter, afrigtingspan, asook ’n span waaraan daar getimmer is.

Onlangs het die nuwe afrigter, Shukri Conrad, in die openbaar verklaar dat die tyd reg is vir die vurige pasaangeër om sy toetsbuiging te maak, en hy kan nie aan ‘n beter geleentheid as nou dink nie, met die toetsreeks teen die Wes-Indiese Eilande op die Hoëveld.

Coetzee het in Desember saam met die Proteas na Australië getoer, maar het nie ’n speelkans gekry om in die reeks van drie toetse te speel nie. Sy enigste uitstappie was tydens ’n vierdaagse opwarmingswedstryd teen die Krieket Australië XI by die Allan Border Oval in Brisbane, waar hy met ’n driekuns beïndruk het.

Coetzee het onlangs vir die Joburg Super Kings in die SA20 beïndruk waar hy die derde meeste paaltjies in die toernooi geneem het. Terwyl hy die kortste formaat van die wedstryd geniet het, het die opregte snelbouler gesê ‘n speler wil in vyfdagkrieket gemeet word.

“Grootheid word aan toetskrieket gemeet, en dis hoe ek die spel gesien en liefgekry het toe ek grootgeword het,” het die produk van St Andrews in Bloemfontein gesê.

“Dit is die moeilikste formaat, so om dit op daardie verhoog te maak is die mees lonende. So, dit bly die prioriteit en dis waar ek die meeste wil uitblink.

“T20-krieket is groot pret, en dit help met finansiële voordele, maar die krieketpuris in my wil net toetskrieket prioritiseer.”

Coetzee het bygevoeg dat hy weet dat hy nuut in die opset is, en hoewel hy gretig is om sy land in die langste formaat van die spel te verteenwoordig, is dit vir hom selfs belangriker om te leer en te verbeter.

“Dis nou anders, want daardie duidelikheid het daaroor gegaan dat ek ’n krieketspeler wou wees, maar daardie duidelikheid gaan nou oor krieket-IK.

“Ek het geleer soos ek aangaan en, gelukkig vir my, was daar ‘n paar ervare mense wat my gehelp en gelei het.”

“Ek gaan nie alles op 22 weet nie, maar ek het die regte mense om my om my te lei na die krieketspeler wat ek wil wees.”

Die eerste toets tydens Suid-Afrika en die Wes-Indiese Eilande het Dinsdagoggend by SuperSport-park begin. – MORGAN PIEK

 

Share post:

Popular

More like this
Related

Two arrested in Meloding for possession of explosives

Two men, aged 37 and 47, have been arrested...

Harlem street leak repaired after weeks of complaints

The Mangaung Metro Municipality (MMM) says it has repaired...

Government assures smooth transition to Postbank black cards

Newly appointed minister of social development Dina Pule has...

Premier calls for accountability in housing contract projects

Free State Premier MaQueen Letsoha-Mathae has called on officials...