DUANE PETRUS – ‘n Emosionele boer van Dewetsdorp sê hy is platgeslaan en weet nie hoe dit gebeur het dat hy sy 17 maande oue dogtertjie per ongeluk gistermiddag doodgery het nie.
Griffel Kruger, 37, sê hy het gekyk waar al drie sy dogters was voordat hy in sy bakkie geklim het, maar kon niemand sien nie en hy het gedog hulle is in die huis.
Hy het toe egter in trurat toe bo-oor sy dogtertjie, Anika Kruger, gery.
Oomblikke voor die ongeluk was Anika die heeltyd al om hom vir sy aandag en wou net hê haar pa moet haar optel.
“Ek het haar gevat in my arms, en ek histeries vie my vrou geskreeu ‘ek het ons kind doodgery’”, sê Kruger.
Kruger sê sy vier en vyf-jarige dogters verlang al klaar na hul sussie en is nie seker of hulle regtig verstaan wat gebeur het nie.
“Hulle is nou die mense wat vir ons troos en sê mamma en papa moenie worry nie, dit was ‘n ongeluk,” sê hy.
Hy sê hy het vir ‘n pols gevoel en gekyk of sy haar oë beweeg.
Kruger het toe vir Anika in sy bakkie gelaai en haar dokter toe gevat, maar sy was al reeds dood toe hulle by die dokter aankom.
Die polisie ondersoek die ongeluk.
Date:






