Die polisie in Dealesville ondersoek ‘n voorval waarin ‘n plaaseienaar in sy huis deur vier rowers oorval is. Johannes Saremone se hande en voete is Woensdag omstreeks 19:00 vasgebind waarna hy glo met ‘n voorwerp teen die voorkop geslaan is. Polisiewoordvoerder, Wendy Nkabi, sĂȘ die rowers het slegs met Saremone se selfoon op die vlug geslaan. Dit is nog onbekend hoe die aanvallers toegang tot die huis verkry het.
ân Klag van huisroof word ondersoek. Nog niemand is in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Nkabi vra enigiemand met inligting om die naaste polisiekantoor te bel.
Nkabi kon nie bevestig of Saremone alleen tuis was nie en of nog goed gesteel is nie.
OFM-nuus verneem Saremone kon nĂĄ sy aanval later die aand daarin slaag om homself los te wikkel waarna hy na ‘n nabygeleĂ« huis in die Dikgalaope-township vir hulp gegaan het. Hy is per ambulans na ‘n hospitaal in Bloemfontein vervoer.
Christal-Lize Muller/OFM Nuus







