E Copy

Date:

Biddende vrou in haar huis oorval

‘n Vrou van Welkom is steeds in ‘n skoktoestand nadat sy, terwyl sy gebid het, deur twee rowers in haar huis oorval is. Die 41-jarige vrou was verlede Vrydag in die vroeë oggendure in haar huis in Bedelia langs haar bed in ‘n knielende posisie toe sy bewus geword het van iemand wat naby haar is.

Polisiewoordvoerder, Stephen Thakeng, sê twee mans met klapmusse en handskoene het agter die vrou gestaan en na haar gestaar. Volgens hom het die booswigte vermoedelik toegang tot die vrou, wat alleen tuis was, se huis verkry deur ‘n venster in die studeerkamer. Die vrou, wat verkies om anoniem te bly, het ná 12:00 reggemaak om te gaan slaap.

Die mans het haar daarna beveel om stil te bly en op ‘n rusbank in ‘n ander vertrek te sit, sê Thakeng. Hulle het haar kop met ‘n laken toegemaak en haar hande met ‘n handdoek agter haar rug vasgebind. Die mans het haar met ‘n moersluitel aangehou. Volgens hom het die mans  aan die vrou gesê hulle is hier om ‘n plasmaskermtelevisiestel te vat en haar dood te maak.

Thakeng sê die rowers het ‘n televisiestel, haar selfoon, huissleutels en drie trouringe gevat. Nog niemand is in hegtenis geneem nie.

Terwyl hulle op pad uit was, het een van die mans aan die ander man gesê hulle moet doen wat hulle beplan het om te doen. In reaksie daarop het die ander man gesê hulle moet die vrou alleen laat. Die geskokte vrou kon daarin slaag om haarself te bevry nadat die rowers weg is.

Thakeng vra enigiemand met inligting om hul naaste polisiekantoor te bel. – Christal-Lize Muller

 

Share post:

Popular

More like this
Related

National MTB stars ready to light up Happy Valley

The stage is set, and Bloemfontein is ready to...

Faf gereed vir Cheetahs-debuut teen ou span

Die gesoute Springbok-skrumskakel Faf de Klerk sal Sondag sy...

Pencil In: 16 July 2026

Dates to pencil in... 16 July: Unwind after a long day...

Two arrested in Meloding for possession of explosives

Two men, aged 37 and 47, have been arrested...