Die 2023 Two Oceans-marathon het op 15 April plaasgevind. Bloemfontein Courant het met van die marathonlopers gesels wat al meer as 10 jaar deelneem.
Billy Miles het vanjaar sy 17de Two Oceans gehardloop met ’n tyd van net oor die 6:13:00.
Hy sê hy hou daarvan om te hardloop, want dit gee hom plesier en selfbevrediging wanneer hy sweet en die feit dat hy van sy stres ontslae raak. Hy geniet ook die algehele kameraadskap van die sport. Hierdie jaar sal hy ook sy 17de Comrades hardloop. Hy het hom vir dié marathon voorberei deur vroegoggend op te staan en lang lopies te doen en ook by ’n oefenprogram te hou.
Toe hy gevra is wat sy gunstelingherinnering van sy kompetisie oor die jare is, het hy gesê: “Wanneer ons almal die wedrenne betyds voltooi en ons doelwitte bereik; toe ons almal ons groen nommers by die Comrades gekry het en ons blou nommers vir die Twee Oseane; die swaarkry tye wanneer ons mekaar motiveer om die wedloop met beserings te voltooi.”
Cyprian Coetzee, wat aan sy 10de Two Oceans deelgeneem het en met ’n tyd van net oor die 04:34:00 klaar gemaak het, sê hy is mal daaroor om te hardloop, want dit gee hom plesier en hy beskou dit as groot pret.
“Ek hardloop vir die pret en ’n goeie eindtyd. Dit maak my jaar baie spesiaal en ek probeer om my tyd met elke marathon te verbeter.” Hy hoop ook om sy tyd te verbeter wanneer hy later vanjaar aan die Comrades (11de keer) deelneem. Hy het voorberei deur elke Saterdag vroeg wakker te word en 40 km te probeer hardloop. ’n Gunstelingherinnering van hom is die mense langs die pad wat jou aanmoedig.
“Die lekker gees wat alle hardlopers het, maak enige wedloop ’n goeie ervaring.”
Fabian Steenkamp het vanjaar sy 11de Twee Oseane met ‘n tyd van net oor die 05:57:00 voltooi. Hy sê hy geniet dit om saam met sy kamerade vir die liefdadigheidsorganisasie Pace Foundation te hardloop
Justine Fortuin
justine@mahareng.co.za