SABRINA DEAN
Die Bloemfonteinse vrou wat gister in ‘n beweerde fratsongeluk na haar dood geval het, se naam is bekendgemaak.
Die 42-jarige Nicolette Jordaan het glo van die trappe af geval by haar meenthuis in Arboretum en haar nek gebreek.
Haar voormalige man, Quinton Jordaan, sê die familie vermoed geen vermene spel nie en vermoed dat dit ‘n ongeluk was. Hy sê begrafnisreëlings is nog nie getref nie, maar ‘n roudiens sal waarskynlik volgende week in Bloemfontein gehou word.