Baba-seekoei met die hand grootgemaak by Bfn-dieretuin

0
Baba-seekoei met die hand grootgemaak by Bfn-dieretuin
Ná ‘n onderonsie tussen mamma- en pappa-seekoei by die Bloemfonteinse Dieretuin, moes die personeel noodgedwonge ingryp en baba-seekoei self met die hand grootmaak.

Darryl Barnes, bestuurder van die dieretuin, sê die klein Tsebo, wat op 29 Mei gebore is, ontvang tans intensiewe behandeling nadat sy beserings tydens die geveg tussen haar ouers opgedoen het.

Barnes sê dit gaan egter nog lank vat voor die klein seekoeitjie buite gevaar is.

“Ons het hom weggevat by sy ouers en die veearts ontbied. Ons het sy wonde behandel en so aan. Die personeel bring baie tyd saam met hom deur. Hy moet eers gewoond raak aan die mense, dit is immers ‘n wilde dier. Hy begin stadig maar seker meer en meer drink. Hy raak al hoe sterker, en soos wat hy groter word, sal ons sy dieet dan aanpas. Dit is egter ‘n baie lang proses wat ons onsself voor ingelaat het.” – Mark Steenbok

 

No posts to display