E Copy

Date:

Aldam-vakansieoord voldoen aan gesondheidsstandaarde

Die Aldam-vakansieoord naby Ventersburg in die Vrystaat het nog altyd ‘n hoë standaard gehandhaaf en sal voortgaan om daarna te streef. Die eienaar, Ernst Kleinhans, sê hy is verlig oor die uitslag van die Departement van Onderwys se omgewingsgesondheidsontleding.

Kleinhans sê die uitslag van die departement se ontleding toon die hoender en geen ander kos nie, was besmet. Die water was ook skoon en daar is niks verkeerd gevind in die oord se kombuis nie.  Konferensiegangers van die instansie loveLife het Maandag na aandete begin sleg voel. Hulle het maagkrampe en diarree gehad.

Daar was ook ‘n paar wat gebraak het. Van die altesaam 87 konferensiegangers het by die oord behandeling ontvang, terwyl 19 in nabygeleë hospitale behandel is. Kleinhans sê hulle was dieselfde dag terug op die oord.  Hy is baie tevrede met die uitslag van die departement se ontleding.

Die departement het ‘n streng ondersoek gedoen en Kleinhans is verlig dat daar niks verkeerd gevind is met die kos, water, kombuisgeriewe en hoe die kos voorberei word nie.)

Kleinhans sê die vermoede bestaan dat die kos wat aan die jong konferensiegangers bedien is dalk te ryk was. Hy sê die die loveLife-groep het Sondag by die oord aangekom en is tevrede daarmee om tot volgende Woensdag, wanneer die konferensie einding, aan te bly. – Christal-Lize Muller 

 

 

Share post:

Popular

More like this
Related

SASSA condemns illegal sale of queue positions at offices

The South African Social Security Agency (SASSA) has condemned...

UFS pianist debuts in Madrid

The University of the Free State (UFS) has celebrated...

NFVF invites applications for public screening funding

The National Film and Video Foundation (NFVF) has opened...

CUT responds to sexual harassment allegations

The Central University of Technology (CUT) has responded to...