Willem Postma se presteerders

0
6714
Twee leerders van Willem Postma gaan die Vrystaat in netbal verteenwoordig. Meanri van Tonder (links) het die Vrystaatse B-span (o.12) gehaal, terwyl ZiZi Grobler die Vrystaatse A-span (o.13) gehaal het. Die twee gaan aan 'n toernooi in die wintervakansie deelneem.
Jong rugbyspelers van Willem Postma het uitgeblink in die talle proewe waarin hulle onlangs deelgeneem het. Van links is Juan-Chris wat vir die Vrystaat C-span gekies is, SD Grobbelaar en Waylin Daniels, wat albei gekies is vir die o.13A-Cravenweekspan wat hierdie vakansie aan die Cravenweekreeks gaan deelneem. Hulle het ook aan die Cheetah-toernooi deelgeneem.
FOTOS: HETTA STEYN