Blink uit by Jim Fouché

0
2002
Marise Barnard (links) en Lidia Liebenberg, albei graad 12-leerders van Jim Fouché, het tydens die afgelope Bloemskou 2017 eerste plekke behaal vir hul kunswerke.
Iselle van den Heever van Jim Fouché het onlangs die Hennie Joubert-merieteprys vir dwarsfluit (Unisa: Graad 7) ontvang. Net twee kandidate per graad word landswyd gekies. Sy is ook ingesluit in die Odeion School of Music Camerata, waarin gewoonlik net naskoolse studente speel.
Liezl Rode (Graad 12) van Jim Fouché het op die afgelope Bloemskou dubbel-goud en ‘n spesiale toekenning ontvang vir haar kunswerk. Sy is ook genader deur Gallery on Leviseur om volgende jaar ‘n solo-uitstalling te hou. Yonicka Engelbrecht, wat dieselfde prestasie behaal het, was afwesig toe die foto geneem is.