E Copy

Date:

‘Weduwee, moenie onkant gevang word nie’

Weduwees word gereeld as sagte teikens deur gewetenlose swendelaars geïdentifiseer en gevolglik uitgebuit. Weduwees moet dus oor die algemeen meer op hul hoede wees en hul huiswerk deeglik doen, veral wat hul finansiële beplanning betref. Wanneer ‘n jong vrou haar eggenoot op ‘n vroeë ouderdom verloor, kan die skok daarvan vernietigend wees, nog te meer so as daar klein kindertjies is.
Suid-Afrikaners is oor die algemeen baie swak met finansiële beplanning en meestal word daar nie finansieel voldoende voorsiening gemaak vir die langslewende gade en kinders nie (ek het nou weer so ‘n geval gehad).
Wanneer ‘n eggenoot sterf en ‘n jong weduwee en kinders agterlaat, is daar gewoonlik groepsversekering van die werkgewer se kant wat uitbetaal, asook ‘n lewenspolis of twee. Dit is reeds hier waar die moeilikheid begin, want ewe skielik sit die weduwee met twee of drie miljoen rand in haar bankrekening en sy moet as middelman vir die eksekuteur begin optree. Dit alles kan baie oorweldigend wees en sy gaan vergeet om onmiddellik haar en haar kinders se finansiële toekoms te beplan. Onthou, ‘n twee of drie miljoen rand in die bank is vir die meeste van ons ‘n fortuin en dit kan maklik ‘n valse gevoel van sekuriteit skep.
Die realiteit is egter dat twee of drie miljoen rand niks is nie, veral as jy die huidige lewenskoste, skool- en studiegelde, ensomeer in ag neem. Wat wel keer op keer met jong weduwees gebeur, is dat die versekeringsgeld wat uitbetaal, baie vinnig begin verdwyn en binne ‘n paar jaar sit die weduwee in ‘n finansiële verknorsing en sy en haar kinders moet net op haar inkomste oorleef; met ander woorde, ‘n nagmerrie.
Nege uit tien keer kon die nagmerrie doodeenvoudig deur beter beplanning vermy gewees het. Finansiële beplanning by die afsterwe van ‘n eggenoot sou gelei het tot beter bestedingspatrone, beter dissipline en ‘n fokus op toekomstige behoeftes waarin voorsien moet word. Soos reeds genoem, maak die meeste mense te min voorsiening vir die langslewende gade. Beter beplanning kan egter die situasie verlig. Moet ook vir geen oomblik dink dis net jong weduwees wat in dié penarie kan beland nie. In vandag se lewe is baie vroue die broodwinner en kan ‘n jong wewenaar met dieselfde nagmerrie sit. Gevolglik is dit belangrik dat getroude mans en vroue sáám hul finansiële beplanning doen. Weet dus wat jou gade se voorsiening vir jou is, sodat jy nie ‘n “verrassing” kry by sy of haar afsterwe nie. – Horace Terry
[email protected]

Share post:

Popular

More like this
Related

SAWS warns of cold front and snowfall

The South African Weather Service (SAWS) has warned residents...

Young innovators shine at Eskom expo

Scientific innovation took centre stage in Harrismith as learners...

Man arrested after alleged murder in QwaQwa

A 29-year-old man is expected to appear before the...

CUT women hockey finish fifth at USSA

The Central University of Technology (CUT) Ladies Hockey Team...