E Copy

Date:

Wayde klop Olimpiese-spele medaljewenner

RUFUS BOTHA

Die wyse waarop die Suid-Afrikaanse 400 m-kampioen, Wayde van Niekerk (Kovsies) sy eerste treë in 2014 oorsee gegee het, kan die gesamentlike Suid-Afrikaanse rekordhouers in dié nommer, Arnaud Malherbe en Hendrik Mokganyetsi solank begin afskeid neem van hulle rekord van 44,59.

Van Niekerk, wat vanjaar ‘n bobaas plaaslike seisoen beleef het, het Sondag by die IAAF wêreld-uitdaagbyeenkoms in Hengelo (Duitsland) deeglik van hom laat kennis neem. Hy het die 400 m in ‘n blitsige 45,07 gewen.

Dié oorwinning is merkwaardig. Van Niekerk het die Olimpiese-spele (2012) silwermedaljewenner, Luguelin Santos (Dominikaanse Republiek) op sy herrie gegee het. Santos was tweede in 45,19 en die Amerikaner David Verburg moes met die derdeplek in 45,36 tevrede wees.

Moet ook nie Verburg gering skat nie. Hy het verlede jaar sy beste 400 m in ‘n haastige 44,75 aangeteken. Nog beter – hy was vroeër vanjaar lid van die Amerikaanse 4 x 400 m-aflosspan wat die wêreld-binnenshuise rekord by die wêreldkampioenskap in Sopot (Poland) verbeter het.

Van Niekerk het weliswaar vroeër vanjaar vinniger gehardloop as in Hengelo toe hy die nasionale titel gewen het, maar sy tyd van 44,92 is hoog bo seevlak in Pretoria aangeteken. Vergelyk jy sy seevlaktyd in Hengelo, is dit waarskynlik ‘n beter vertoning as sy genoemde tyd in die Jakarandastad.

Indien niks onvoorsiens gebeur nie, het Van Niekerk nog verskeie jare se wêreldklas 400 m-wedlope wat vir hom wink. Hierdie oud-Greyleerling word 15 Julie slegs 22 jaar.

Nog ‘n pluspunt is Van Niekerk die uitstekende vaart waaroor hy beskik in die korter 200 m. Hy het vanjaar dié nommer in 20,21 afgeblits. Slegs Morné Nagel (2002 – SA-rekord – 20,11), Anaso Jobodwana (20,13 – 2013), Riaan Dempers (1995 – 2016) en Sherwin Vries (20,20 – 2003) is nou bo Van Niekerk op die lys van beste vertonings deur Suid-Afrikaners van alle tye.

Voorspellings is gevaarlik, maar indien van Niekerk voortbou op sy puik jeug-, junior- en seniorvertonings die afgelope vyf jaar, is dit ‘n kwessie van tyd en hy word die eerste Suid-Afrikaner ooit om gelyktydig die Suid-Afrikaanse 200 m- en 400 m-seniorrekords agter sy naam te skryf.

Share post:

Popular

More like this
Related

Students invited to pitch beauty business ideas

Motheo TVET College students with a passion for hair,...

CUT prepares future teachers for classroom success

The Central University of Technology, Free State (CUT) has...

SASSA condemns illegal sale of queue positions at offices

The South African Social Security Agency (SASSA) has condemned...

UFS pianist debuts in Madrid

The University of the Free State (UFS) has celebrated...