Gee Bloed Aan Dié Wie Lewe Gee
Bloemfontein – Dié dag skep bewusmaking vir die behoefte aan veilige, kwaliteit bloed en bloedprodukte en eer talle vrywillige, onbetaalde bloedskenkers vir hulle lewensreddende geskenke van bloed.
Vanjaar se veldtog “Veilige bloed vir die redding van moeders” is gefokus op die ontwikkeling van ? strategie om te verseker daar is altyd toegang tot veilige bloed om moederlike sterftes te voorkom. Die sterftes van vrouens deur komplikasies tydens geboorte bly ? ernstige probleem regoor die wêreld. Omtrent 800 vrouens sterf daagliks weens swangerskap of geboortekomplikasies. Omtrent al dié sterftes gebeur in ontwikkelende lande. Meer as helfte van die gevalle vind in sub-Sahara Afrika plaas en ? derde in Suid-Asië. Die risiko van moederlike mortaliteit is die hoogste vir tienerdogters onder die ouderdom van 15 jaar. Ernstige bloeding tydens en ná bevalling is ? groot oorsaak van sterftes, siektes en langtermyn- ongeskiktheid. Bloeding is die algemeenste oorsaak van moederlike sterftes.
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBS) wei Junie-maand toe aan groter bewusmaking rakende die kritiese behoefte aan die tydige beskikbaarheid van bloed as deel van ? alomvattende benadering tot die voorkoming van moederlike sterftes. Bloedoortapping is geïdentifiseer as een van die nege lewensreddende ingrypings vir die bestuur van swangerskapverwante komplikasies.
Die SANBS moedig mense aan om gereeld bloed te skenk en wil graag alle bloedskenkers bedank wie hul tyd opoffer om mense wat bloed nodig het se lewens te red. Skenk bloed en neem deel aan die plaaslike geleenthede wat vir die viering van Wêreldbloedskenkerdag gereël is in Bloemfontein.
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens in samewerking met Life Rosepark Hospitaal bied ‘n gesondheidsbewusmakingsdag aan tydens Wêreldbloedskenkerdag by die Southern-sentrum, Fichardtpark op 13 en 14 June 2014. Gratis bloedgroepering-, glukose-, cholesterol- en bloeddruk-toetse word aangebied. Daar word ook gepoog om 100 eenhede bloed oor die twee dae in te samel. Vir verdere inligting, skakel Irene van Schalkwyk by 051 447 4122.
Vir meer inligting besoek: www.sanbs.org.za of skakel ons op 0800 11 90 31.