E Copy

Date:

Waar het jou opbrengste in 2016 vandaan gekom?

Ons het tot op hede ‘n baie moeilike tyd beleef ten opsigte van teleurstellende beleggingsopbrengste. Die meeste van ons het spesifiek blootstelling aan aandele deur ons aftreefondse of ander beleggings en aandele teleurstellend ervaar.
Neem die volgende in ag: Einde 2014 het die JSE Algehele Indeks op 49770 gesluit, einde 2015 het dit op 50693 gesluit en einde 2016 op 50653, dus, eintlik geen groei nie. Die syfers dui weer eens daarop dat jy nie net moet staatmaak op ‘n enkele bateklas vir jou opbrengste nie, maar eerder moet diversifiseer.
As ons verder gaan kyk na wat die ander bateklasse in 2016 gedoen het, sien ons die volgende: Effekte het 15.42% opgelewer, genoteerde eiendomme 10.20% en kontant sou vir jou 6.82% gegee het. Dit is alles redelik goed teenoor aandele se 2.63% vir 2016. In retrospek is dit dus baie maklik om nou te sê jy moes meer blootstelling aan effekte gegee het. Die feit is dat niemand van ons op 1 Januarie 2016 geweet het hoe 2016 sou uitspeel nie en dit is waar diversifikasie waarde inhou.
Nou is die vraag natuurlik, wat gaan 2017 vir ons beleggings inhou?
Weer eens: Jy weet nie, ek weet nie, niemand weet nie. Alle voorspellings wat gemaak word, is doodeenvoudig spekulasie en huidige aannames en verwagtinge kan oornag verander. Jou enigste uitweg is weer eens: diversifikasie. Ek kan tans onder my eie kliënte sien hoe paniek hulle, spesifiek die pensioenarisse, stadig maar seker begin beetpak as gevolg van die swak beleggingsopbrengste. Ek wil dus weer alle beleggers vra om nie nou enige drastiese besluite te neem nie. Wees geduldig, die wiel draai, al is dit hóé stadig. Enige drastiese skuiwe nou, gaan jou waarskynlik skade berokken oor die langer termyn. In tye soos dié is dit baie belangrik dat jy die hulp van ‘n goed gekwalifiseerde beleggingsadviseur bekom, wat jou in die onsekere tye van vandag van goeie advies kan voorsien. – Horace Terry
[email protected]

Share post:

Popular

More like this
Related

Dans gee haar vlerke ondanks uitdagings

Chantell Hewitt moes vir die grootste deel van haar...

Local bartender shakes up national stage with Top 8 finish

Bartender and storyteller Anliri Brown has earned a place...

Settled, with Love brings warmth home for 13 families

This winter, a simple act of kindness by staff...

Creating platforms for local talent

When two learners noticed how their talented classmates never...