Vyf beseer in ongeluk tydens swaar reën

0
438
Vyf persone is gisteraand in ‘n ongeluk in Beefwoodweg in Vanderbijlpark, in die Vaal Driehoek beseer.

Dit, volgens ER24 woordvoerder, Ross Campbell, wat aan OFM-nuus verduidelik het dat ‘n man – vermoedelik in sy laat 20’s – en vier vroue in ‘n kop-aan-kop-botsing tydens swaar reënval beseer is.

Campbell sê ER24 paramedici het die vier vroue gevind waar hulle buite hul voertuig gestaan het, terwyl die man steeds in die bestuursitplek van sy ligte motorvoertuig vasgevang was.

Campbell het ook aan OFM-nuus gesê dat die presiese oorsaak van die ongeluk op die stadium nog onbekend is.

OFM-nuus/Elsabé Richard