E Copy

Date:

VS goed verteenwoordig in biathle

RUFUS BOTHA

Bloemfontein – Nie minder nie as 16 Vrystaters is ingesluit in die Suid-Afrikaanse biathle-span wat op 10 Oktober in Guatemala (Sentraal-Amerika) hul staal gaan toon by die wêreldkampioenskap in dié multisportsoort. Dit sluit in hardloop, swem en weer hardloop (alles aaneen).

Van die 16 atlete is 13 van die Rosestad. Lourens Botes (Wessel Maree, Odendaalsrus) en Jamey Sue Vermaas (Hoër Meisieskool Oranje) is verlede jaar onderskeidelik as Suid-Afrika se beste junior seuns en meisies biathle-atlete en ook albei as mees belowende atlete (alle ouderdomsgroepe) in Suid-Afrika aangewys. Hierdie twee talentvolle jongmense is albei ingesluit in die span vir Guatemala.

Vermaas is ‘n paar weke gelede gekroon as Suid-Afrikaanse kampioen in die jeug-B-afdeling vir meisies en Botes was tweede in die jeug-A-afdeling vir seuns.

Die span wemel behoorlik van gesinslede van die Vrystaatprovinsie. Vermaas se pa, Adri (meesters-B-afdeling) en haar ma Rika (meesters-B-afdeling) is ingesluit in die span. Botes se suster, Danika (Wessel Maree, Odendaalsrus) is in die span opgeneem in die jeug-A-afdeling vir meisies.

Dan is daar boonop die begaafde multisportgesin van die Rosestad, die Viljoens, wat drie lede in die span het. Sorita Viljoen (ma) sal in die meesters-A-afdeling vir vroue in aksie wees terwyl haar seun, Gean (Laerskool Willem Postma) in die span is in die jeug-C-afdeling. Gean se suster, Mizan (Hoër Meisieskool Oranje) sal die Reënboognasie in die jeug-B-afdeling verteenwoordig.

Die Suid-Afrikaanse seniormanskampioen in moderne vyfkamp, Berend Burger sal sy kant in dieselfde afdeling vir Bloemfontein bring. Hy is die enigste Suid-Afrikaanse man wat gekies is vir deelname in Guatemala.

Die puik tweekamp en biathle seniorvroue-atleet, Teresa Richards, is een van slegs twee senior vroue wat gekies is. Richards is die huidige nasionale biathle-kampioen in die seniorvroue-ouderdomsgroep en ook nasionale tweekampkampioen.

Share post:

Popular

More like this
Related

Bloemfontein Zoo revamp progresses slowly amid budget constraints

Work is slowly progressing at the Bloemfontein Zoo, but...

Maintaining MMM’s 105 burial spaces ‘a mammoth task’

Residents of Bloemfontein have witnessed the deterioration of the...

Boiler breakdown delays patient meals at Universitas Academic Hospital

Patients at Universitas Academic Hospital have faced delays in...

A decline seen in residential burglaries in Mangaung

Residential burglaries in Mangaung have been an ongoing problem,...