Vrystaat verloor op eerste dag van rugby-meisiesweek

0
484
Mark Steenbok

Die onderskeie Vrystaat-spanne het gister ‘n wisselvallige dag op die rugbyveld beleef met verskeie jeugtoernooie wat gister afgeskop het.

Terwyl menige oë op die seuns-jeugrugbytoernooi (o.16 Grant Khomo en Akademieweek) is wat tans in die land plaasvind, het die Suid-Afrikaanse Rugby-unie (SARU) se onder.18-meisiesweek ook gister in Durban begin.

Verskeie skole se meisie-rugbyspelers het gister vir die eerste keer die geleentheid gekry om hulle staal te toon in die 15-man- weergawe op provinsiaale vlak. Die toernooi was voorheen beperk tot die sewes-kodes. Dinge het egter nie so vlot verloop vir die Vrystaat-meisies nie.

Die Vrystaters het ‘n loesing van 61-0 deur Grens ontvang. Die Grens-span het dertien keer agter die Vrystaters se pale gaan kuier.
Zimbabwe het ook sy buiging gemaak in die toernooi, en het met sy merkwaardige 12-7 oorwinning oor die Oostelike Provinsie ‘n waarskuwing uitgestuur na ander spanne.

Tydens die week sal amptenare en verkenners van SARU diens doen by die toernooi om van die top-meisierugbyspelers te indentifiseer. Hulle sal na die afloop van die week genooi word na ‘n oefenkamp wat tydens die Oktobervakansie plaasvind.

Die week volg op ‘n suksesvolle aanbieding van die o.16-meisiesweek wat in Oudtshoorn beslis is. Die Westelike Provinsie was as nie-amptelike wenners van die toernooi aangewys, danksy hulle (12-10) oorwinning oor Grens in die laaste wedstryd van die toernooi.

Terselfdertyd het die o.16-Vrystaatspan gister sy Grant Khomo- veldtog op die Bridgton-sportterrein in Oudtshoorn met ‘n naelbyt 25-24 loesing teen die Westelike Provinsie begin.

Die Westelike Provinsie se Durin Nasson het laat in die wedstryd twee strafskoppe oorgeklits om te sorg dat die Kaapse span sy veldtog op ‘n wennoot begin. Hulle het reeds halftyd voorgeloop met 10-7 in ‘n opwindende tweestryd.

Altwee spanne het elke drie drieë aangeteken met Christopher Schreuder, Andile Maxamba, Janco van Heyningen wat oorgegaan het vir die Vrystaat. Dit was uiteindelik die twee strafskoppe wat Nasson oorgeklits het wat die verskil was tussen die spanne.

Die Vrystaat se Akademiespan het die vlae laat wapper met hulle 25-24 oorwinning oor die Suidwestelike distrikte op die eerste dag van die Akademieweek in Vanderbijlpark. Die week duur tot Vrydag.

Die afskop van bogenoemde toernooie volg op die suksesvolle aanbieding van die LSEN-week waar die Boland met die louere weggestap het terwyl die WP ook aangewys as die nie-amptelike wenners van die o.13-Cravenweek in Mpumbalanga verlede week.

Die aksie gaan vandag voort vir die Vrystaatspanne. Die Vrysaat o.16’s sal in aksie wees teen die Pumas, terwyl die Vrystaat Akademiespan in aksie sal wees teen die  Blou Bulle. Die O.18 meisies geniet ‘n afdag.

SARU Meisie o-18 Dag Een Uitslae:

Grens t Vrystaat , 61-0
SWD t Blou Bulle 17-5
Zimbabwe 12 – 7 Oostelike Provinsie, 12-7
Luiperde t Valke, 63-0
Boland vs Limpopo Blou Bulle, 5-0
Westelike Provinsie vs Goue Leeus, 74-0

Onder-18 Akademie Week Uitslae, Dag Een:

Valke t Oostelike Provinsie CD, 71-5
Griffons t Limpopo Blou Bulle, 56-21
Namibia t Blou Valke, 29-19
Vrystaat t SWD, 25-24
Westelike Provinsie vs Leeus 36-19
Griekwas t Pumas CD, 45-19
Blou Bulle t KwaZulu-Natal, 59-24
KwaZulu-Natal CD t Griffons CD, 48-7
Oostelike Provinsie t Grens, 34-29
Griekwas CD t SA LSEN, 23-12
Pumas t Boland, 21-18
Luiperde t Grens CD, 57-0