E Copy

Date:

Vrystaat-studiefonds gestig

Solidariteit Helpende Hand se nuutste Vrystaat-studiefonds is op Woensdag 13 September deur die Helpende Hand Bloemfontein-Suid-tak, wat R15 000 bymekaargemaak het, gestig.
Die Solidariteit Helpende Hand-studiefonds bied rentevrye studielenings aan behoeftige studente wat ná skool wil gaan studeer.
“Studiefondse word bekom deur verskillende bronne, maar een van die belangrikste maniere is deur ons vrywillige takke wat gemeenskapstudiefondse stig,” vertel streeksorganiseerder van die Vrystaat, Kobus Venter.
Solidariteit Helpende Hand se primêre doel is die verligting, verbreking en voorkoming van Afrikaner-armoede. Een van sy groot fokuspunte is die opleiding van jongmense. Daar word geglo dat opleiding die armoedesiklus kan voorkom.
“Daar is vir die 2017- akademiese jaar nasionaal meer as R40 miljoen aan studiehulp aan 1500 studente uitbetaal. Sedert die ontstaan van die studiesentrum is daar reeds R126 miljoen aan behoeftige Afrikaner-kinders uitbetaal,” sê Venter.
Solidariteit Helpende Hand-hoofkantoor het die bedrag wat deur die Suid-tak geïn is geëwenaar, wat die fonds op R30 000 te staan bring.
“Die fonds is spesifiek gerig op studente wat volgende jaar aan die Bloemfontein-kampus van Akademia gaan studeer,” se Venter.
Vir die Suid-tak is dit belangrik dat Afrikaans behoue bly as ’n universiteitstaal en studente wat in Afrikaans wil studeer, kry so die geleentheid.
Voornemende of huidige studente wat wil aansoek doen vir hierdie of enige ander een van Solidariteit Helpende Hand se 250 fondse is welkom om https://helpendehand.co.za/studiefonds te besoek. Aansoeke sluit op 30 September 2017.
Persone wat wil betrokke raak deur ’n finansiële bydrae tot een van die studiefondse te maak is jy welkom om vir Kobus Venter te kontak by 079-488-1964 of [email protected].

– JERETHA OOSTHUIZEN

[email protected]

Share post:

Popular

More like this
Related

CUT responds to sexual harassment allegations

The Central University of Technology (CUT) has responded to...

ADVERTORIAL: Meet our team of specialists

Life Rosepark Hospital is proud to introduce a dynamic...

Planned power interruption in Mandela View

Residents of Mandela View are advised to prepare for...

UFS professor appointed to national financial planning board

The University of the Free State (UFS) has welcomed...