Dr. Jack Armour, kommersiële bestuurder van Vrystaat Landbou (VL), waarsku dat boere bewus moet wees van brandgevaar ná die ryp.
Armour sê, “Die veld, en veral hoë gras langs die paaie, hou ’n brandgevaar in.”
Nagtemperature in laagliggende dele van Dewetsdorp, Wepener en Vanstadensrus het heelwat gedaal en ryp het die afgelope drie nagte voorgekom.
Volgens Armour het Sanral aangedui dat hul kontrakteurs eers vanaf 14 Mei, nadat dit behoorlik geryp het, die gras sal begin sny.
VL moedig brandbeskermingverenigings dus aan om hul strukture en toerusting in plek te kry.







