Suid-Afrikaanse paralimpiese atleet Ernst van Dyk het die rolstoelafdeling by die Chicago-marathon gewen.
Van Dyk het sy Australiese teenstander, Kurt Fearnley, met ’n sekonde geklop om eerste oor die wenstreep te jaag.
Van Dyk het na afloop van die wedren erken dat dit ’n groot uitdaging was, aangesien hy homself eerder as ’n afdraende-jaer sien.
Hy het bygevoeg dat hy diep moes delf om die kat-en-muisspeletjie teen Fearnley te wen.
Van Dyk sê hy sal sy eerste sege in die Chicago-marathon altyd onthou. Hy het dié afdeling by die Boston-marathon reeds nege keer gewen.