E Copy

Date:

Van Coke Kartel stel nuwe album in Bloem bekend

Van Coke Kartel se vyfde album, Bloed, Sweet & Trane is pas voltooi en hou groot belofte in vir aanhangers. Die groep het aan hierdie album begin werk kort na die vrystelling van hul hoogaangeskrewe album, Wie’s Bang, in November 2011. Volgens Louise Crouse, die groep se publisiteitspersoon, bly Van Coke Kartel se klank diep gewortel in rock ‘n roll, maar skuur dit ook aan progressiewe en punk rock. Die beroemde vervaardiger, Theo Crous van Bellville Studios, het weer die opneem van die album waargeneem.
Bloemfonteiners het Vrydag die kans om hul hande op Bloed, Sweet & Trane te kry as die groep hul album by Wiesbaden kom bekendstel.
Die groep se eerste musiekvideo van Bloed, Sweet & Trane, bekend as "Môregloed", is reeds bekendgestel. Vir die musiekvideo het die groep saamgespan met hul ou vriend en regisseur van Fokofpolisiekar se musiekvideo’s, Johan Nel. "Môregloed" is verfilm tydens Van Coke Kartel se Afrikaans Verower Harte Toer in Holland en Duitsland in Junie vanjaar.
"Môregloed" sal binnekort op iTunes te koop wees en die hele album Bloed, Sweet & Trane sal vooraf bestel kan word.
Vanaf 30 September kan aanhangers na vyf liedjies van Bloed, Sweet & Trane eksklusief op Simfy Africa luister.

Share post:

Popular

More like this
Related

Young innovators shine at Eskom expo

Scientific innovation took centre stage in Harrismith as learners...

Man arrested after alleged murder in QwaQwa

A 29-year-old man is expected to appear before the...

CUT women hockey finish fifth at USSA

The Central University of Technology (CUT) Ladies Hockey Team...

Two suspects to appear in court for house robbery

Two men aged 27 and 35 are expected to...