E Copy

Date:

UV-entemoloë beskryf ‘n nuwe spinnekopspesie

Dit is sowat 3mm groot en lyk bykans soos ‘n liewenheersbesie, maar dié nuwe spinnekop is die oorsaak van groot opgewondenheid by die Universiteit van die Vrystaat (UV) se Departement Dierkunde en Entomologie.
Die nuwe spinnekopspesie, nou bekend as Rhene amanzi, is onlangs vir die eerste keer beskryf en tydens die onlangse kongres van die Arachnologiese Vereniging van Afrika, wat te Amanzi Privaat Natuurreservaat gehou is, aan ander arachnoloë ‘bekend gestel’.
Dr Charles Haddad, senior lektor by die UV se Departement Dierkunde en Entomologie, sê hulle het die spinnekopmannetjie reeds in 2010 toevallig gekry toe ‘n student navorsing in die reservaat gedoen het. Na ‘n lang proses is die spinnekop beskryf, en het hulle etlike weke gelede tydens die kongres ook die wyfie vir die eerste keer opgespoor.
“Tot nou weet ons nog net dat die spinnekop in bome in die Brandfort-area voorkom. Dit kan wyer voorkom, maar aangesien dit nou eers beskryf is, kan ander arachnoloë dit ook nou eers akkuraat identifiseer.”
Dr Haddad sê hulle moet nou nog vasstel hoeveel eiers die wyfies kan lê, hoe die spinnekop se lewenssiklus lyk en wat hulle habitatsvoorkeure is.

“Wat ons wel weet is dat dit waarskynlik nie giftig is nie en dat die spinnekop ‘n liewenheersbesie naboots om homself teen predatore te beskerm.”

Uitgereik deur:  UV Direkteur: Strategiese Kommunikasie

Share post:

Popular

More like this
Related

Two arrested in Meloding for possession of explosives

Two men, aged 37 and 47, have been arrested...

Harlem street leak repaired after weeks of complaints

The Mangaung Metro Municipality (MMM) says it has repaired...

Government assures smooth transition to Postbank black cards

Newly appointed minister of social development Dina Pule has...

Premier calls for accountability in housing contract projects

Free State Premier MaQueen Letsoha-Mathae has called on officials...