E Copy

Date:

De Brug-gesin aangeval

Owen Kock

Bloemfontein. – Die polise in Bloemfontein is op soek na vier verdagtes wat ‘n man, sy ma, die man se seun en ‘n neef op hul plaas by De Brug buite die stad gisteraand aangeval het.

Vrystaatse polisiewoordvoerder Maselela Langa sê die voorval het net na 19h00 gisteraand plaasgevind. Die verdagtes het met verskeie artikels gevlug nadat hulle geen kontant tydens die aanval kon kry nie.

"Die vier verdagtes het ‘n vuurwapen en drie messe gehad. Hulle het geld gesoek en die slagoffers het hulle ingelig dat geen geld in die huis was nie. Hulle het toe ‘n skootrekenaar, iPad, selfone en ‘n handsak gebuit.

"Die verdagtes het te voet gevlug en geen ernstige beserings is deur die slagoffers opgedoen nie," het Langa bygevoeg.

Die ondersoek duur voort.

Share post:

Popular

More like this
Related

Southern landfill in crisis as fires, dumping and diesel woes spark outrage

Bloemfontein's Southern Landfill site is buckling under pressure, with...

Mangaung starts roadwork project ahead of G20 Summit

In a bid to get the city ready for...

Policer officer accused in Kamogelo Baukudi case granted bail

The accused police officer, Sergeant Nzima Philemon Adoons, charged...

Public Outrage as Mangaung Metro Announces New Landfill Tariffs

Residents of Mangaung have voiced strong dissatisfaction following the...