Christal-Lize Muller
Bloemfontein. – Twee Kovsie-studente wat van poging tot moord aangekla is weens die beweerde aanranding van ‘n mede-student, sal na verwagting vandag in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn, waar ‘n verhoordatum vasgestel sal word.
Cobus Muller en Charl Blom het in Februarie vanjaar na bewering vir Muzi Gwebu op die Bloemfontein-kampus met ‘n bakkie raakgery en hom daarna geslaan. Hulle is aanvanklik van aanranding aangekla maar dit is later na poging tot moord verander. Die twee word ook vir ernstige aanranding en roekelose en nalatige bestuur aangekla.
Beide verdagtes is deur die universiteit geskors na die voorval.







