Tekort aan handboeke by VS skole

0
Tekort aan handboeke by VS skole

Skole in die Vrystaat gaan gebuk onder ‘n ernstige tekort aan handboeke. Dit is volgens ‘n bevinding vervat in ‘n nasionale verslag van die Openbare Dienstekommissie. Provinsiale kommissaris, Henk Boshoff, sê 40% van skole in die Vrystaat wat besoek is as deel van ‘n nasionale inspeksie, het ‘n tekort aan handboeke aangedui. Die nasionale verslag, wat vandag bekend gemaak is, beveel aan dat die departement van basiese onderwys ‘n sentrale stelsel vir die bestelling van handboeke ontwikkel. Die begroting van die Vrystaatse departement van onderwys word volgens die provinsiale tesourie opgeslurp deur salarisse en die departement is verlede jaar weens ernstige kontantvloeiprobleme onder administrasie geplaas. Boshoff sê die tekort aan handboeke is egter nie die departement se skuld nie. “Die departement het regte aantal handboeke afgelewer by skole in die provinsie en hulle was betyds. Die probleem het egter ingesluip met skole wat die aantal nuwe leerlinge onderskat het. Na die nuwe innames was dit duidelik dat die handboeke te kort skiet,” het Boshoff verduidelik – Cathy Dlodlo

 

 

No posts to display