E Copy

Date:

Talle huurders skielik sonder behuising

Sowat 65 families is op Woensdag 4 April uit hul eenhede verwyder uit die laekostebehuising-woonstelle in Brandwag.
Inwoners is verwyder nadat die Free State Housing Company (Freshco), ‘n privaat behuisingsmaatskappy, besluit het dat die woonstelle opgegradeer moet word. Dit sou beteken dat nuwe huurders sou mag aansoek doen om in die woonstelle te huur en dat die huurgeld sou styg.
Inwoners is egter baie ontsteld nadat hulle klaarblyklik nie vooraf gewaarsku is dat hulle uitgesit gaan word nie.
Sonja Pelser, ‘n inwoner van die woonstelle, is baie kwaad. “Ek bly al agt jaar in die woonstelle en ‘n paar jaar gelede was alles nog hunkey-dory. Freshco het toe ewe skielik vier verskillende rekeningnommers aan ons gegee om ons huur te betaal. Ons was baie deurmekaar.

FOTO: PIERCE VAN HEERDEN
FOTO: PIERCE VAN HEERDEN
FOTO: PIERCE VAN HEERDEN

“Freshco het toe uit die bloute verlede jaar net eenvoudig ons kontrakte gekanselleer. Vandag se uitsettings is onwettig, want geen brief is aan ons gegee om ons te waarsku nie,” het Pelser gesê.
Volgens die balju Chris de Wet, is daar al vir sowat drie tot vier jaar ‘n hofsaak aan die gang om die huurders te verwyder. “Die huurders is lankal gewaarsku dat hul uitgesit gaan word, daar is net nie ‘n presiese datum vasgestel nie,” het De Wet gesê.
Met die aankoms van Bloemfontein Courant op die toneel, was daar babas wat gehuil het, meubels het in die modder gestaan, deure was toegesweis om toegang te weier en bekommerde gesigte was oral te sien. Dit was duidelik dat swaar reën ook binnekort oor Bloemfontein sou val.
‘n Paar uur vroeër die oggend het ‘n geveg tussen van die huurders en die polisie uitgebreek, maar teen druktyd was die situasie onder beheer.

JERETHA OOSTHUIZEN
[email protected]

Share post:

Popular

More like this
Related

Young innovators shine at Eskom expo

Scientific innovation took centre stage in Harrismith as learners...

Man arrested after alleged murder in QwaQwa

A 29-year-old man is expected to appear before the...

CUT women hockey finish fifth at USSA

The Central University of Technology (CUT) Ladies Hockey Team...

Two suspects to appear in court for house robbery

Two men aged 27 and 35 are expected to...