E Copy

Date:

Storieman Gerduan stel 3de enkelsnit vry

Afrikaanse popsensasie, Gerduan Kemp, het op 19 Junie 2020 sy derde enkelsnit, “Dagbreekdrome”, vrygestel. Die pop/rockinspirerende liedjie, geskryf deur kemp en Peter Cleff , is gemik op hoe belangrik dit is om jou drome na te streef.

Die geliefde Bloemfonteinse sanger en liedjieskywer het in 2019 sy debuutenkselsnit “Vergewe my as ek” met gepaardgaande musiekvideo vrygestel, en kort daarna ook “Slaplose nag”. Die sukses wat hy veral met sy debuutsnit bereik het, het hom die bevestigting gegee dat hy op die regte spoor is.

Volgens Kemp is die storie agter hierdie lied ’n mens se geneigdheid om jou eie drome te onderdruk ter wille van mense se opinies. “Ek het in my jonger dae nie my droom om te sing nagevolg nie, omdat ander van mening was dat ek dit nie sou kon doen nie en eerder ’n regte werk moet kry,” vertel Kemp.

“Die musiekvideo is relevant tot die huidige omstandighede van die inperking: ons beleef ’n ‘inperking’ ten opsigte van onsself oor dit waaroor ons passievol is omdat ons bang is vir wat mense gaan dink,” se Kemp. Kemp se musiek kan as pop/ rock beskryf word, met ’n sterk klank van elektriese kitare en tromme.

“Ek skryf gewoonlik die liedjies met ’n akoestiese kitaar of met ’n klavier, maar inkorporeer die elektriese kitaar en tromme sodra ons met die opneemproses begin. Dit bied dan die perfekte balans tussen pop en rock,” sê Kemp.

Die talentvolle sanger se kop, hande en talente staan vir niks terug nie. Hy het reeds tydens sy hoërskooljare begin oplees en ervaring begin opdoen in die opneem van musiek en video’s. Sy musiek is beskikbaar op alle digitale platforms, insluitend YouTube, Spotify, Itunes en JOOX. Navrae vir besprekings kan gerig word aan info@gerduankemp. co.za

Pierce van Heerden

[email protected]

Share post:

Popular

More like this
Related

SASSA condemns illegal sale of queue positions at offices

The South African Social Security Agency (SASSA) has condemned...

UFS pianist debuts in Madrid

The University of the Free State (UFS) has celebrated...

NFVF invites applications for public screening funding

The National Film and Video Foundation (NFVF) has opened...

CUT responds to sexual harassment allegations

The Central University of Technology (CUT) has responded to...