Die Odeion bied ’n klavieruitvoering aan saam met die wonderkind, Louis Nel.
Louis het as agtjarige klavier begin speel saam met Claudine van Breda, en is tans ’n leerling van prof. Joseph Stanford.
Nel het al aan verskeie nasionale klavierkompetisies deelgeneem en was in 2016 die algehele wenner van die Hennie Joubert Nasionale Klavierkompetisie in Stellenbosch.
In 2017 het hy die Atterbury Nasionale Klavierkompetisie gewen. In Oktober 2018 was Nel die wenner van die klavierkategorie asook die algehele wenner tydens die Nasionale Jeugmusiekkompetisie in Kaapstad.
Nel het ’n lang lys van prestasies en is selfs genooi om as solis saam met die Kaapstadse Filharmoniese Orkes op te tree tydens die Len van Zyl Dirigentkompetisie in 2019.
Dit is dus veilig om te sê dat gaste wat die klavieruitvoering bywoon die gehalte van vermaak sal geniet. Nel het ook aan die UNISA Musiekbeurskompetisie deelgeneem, wat hy gewen het.
Sedertdien het Nel ’n honneursgraad in wiskunde aan die Universiteit van Pretoria voltooi. Hy tree steeds op.
‘n Hoogtepunt was om as pianis vir Beethoven se Choral Fantasy in 2023 op te tree. Nel tree op 25 Julie vanaf 19:00 by die Odeion op. Gaste kan uitsien na Bach, Rachmaninoff, Liszt, Johnson, asook Muczynski. Toegang is gratis.
Abigail Visagie