E Copy

Date:

Belinda & Amy verower talle op ‘Klank van my Hart’

Die Bloemfonteinse musiekduo Belinda & Amy het onlangs op die nasionale televisieprogram Klank van my Hart op Via KykNet verskyn, en hul ervaring was een vir die boeke.

Klank van my Hart is ’n program wat kykers aan verskillende musiekgenres bekendstel. Belinda & Amy se episode is die tweede laaste van hierdie seisoen en is steeds op DStv, Via TV, kanaal 147, beskikbaar danksy “catch-up”.

Hulle het aan Bloemfontein Courant die konsep verduidelik: “Die program bestaan uit 39 nuwe musikante en bands in ’n groot verskeidenheid genres in Afrikaans, van opera tot metal, gospel tot rap, riel tot boeremusiek en folk tot poetry pop. Die hoofdoel is om die liefde vir musiek uit te beeld as ’n universele tema wat mense saambind. Daar is geen aanbieder nie; elke groep gesels met mekaar oor ondervindings, drome, en kreatiewe prosesse. Elke groep voer dan ’n regstreekse weergawe van hul musiek in die ateljee op.”

Volgens hulle het die blootstelling op nasionale televisie hul perspektief verander. “Dit het ons visie oopgemaak en laat besef dat daar plek is vir ons musiek in die bedryf, dat ons raakgesien word. Ons beleef nogals erkenning en dit moedig ons baie aan om nog te skryf en te werk,” sê hulle.

Een van hul mees onvergeetlike oomblikke was om ’n gastehuis te deel en tyd saam met ander kunstenaars deur te bring, sommige reeds bekend in die musiekbedryf. “Om saam met legendes soos Anna Davel en Carien Loubser te kon werk, was ongelooflik,” sê hulle.

Hul gunsteling oomblik was om hul liedjie in ’n professionele opset met kameras van alle kante op te voer. “Natuurlik was die vlug ook groot pret,” voeg hulle by. Die ondersteuning van hul aanhangers in Bloemfontein het ’n groot rol in hul sukses gespeel.

“Ons mense het letterlik en figuurlik bygedra tot alles sover, asook om tot in die Kaap te kon kom vir die opname van hierdie program. Ons word baie gedra deur Bloemies se mense en is elke dag dankbaar. Ons hoop om ander musikante te inspireer om drome na te streef.”

 

Justine Fortuin

[email protected]

Share post:

Popular

More like this
Related

Busamed gives children hope through free scoliosis surgery

Busamed Bram Fischer Private Hospital in Bloemfontein is performing...

Preserving Bloemfontein’s heritage assets

Bloemfontein is home to some of South Africa’s most...

MMM addresses Treasury concerns

The Free State has once again come under the...

Transport oversight visit focuses on safer roads

Deputy minister of transport Mkhuleko Hlengwa visited the Free...