E Copy

Date:

Skou gaan pa, kind as bobaasbraaiers kroon

Groot pryse is vanjaar te wen tydens die Pa-en-kind-braaikompetisie op die Bloemskou! Verlede jaar kon net seuns deelneem, maar ons het vanjaar besluit dat enige kind saam met sy of haar pa kan kom braai.
Pa’s en kinders kan inskryf om te kwalifiseer vir die Pa-en-kind-braaikompetisie wat op 30 April tydens die Bloemskou plaasvind. Inskrywings sluit 22 April en is gratis. Tien spanne sal gekies word om op Saterdag 30 April vanaf 10:00 teen mekaar mee te ding. Een vleisgereg, twee styselgeregte en twee bykosse moet vir drie beoordelaars op kole voorberei word.
Deelnemers sal 120 minute hê om die disse voor te berei waarna hulle dit aan die beoordelaars sal voorlê en ‘n wenner aangewys sal word. Die Pa-en-kind-braaikompetisie vind vanjaar by die Vertical Signs 4 x 4 demonstrasiebaan plaas en is deel van die aktiwiteite wat aangebied word tydens die Ekstreme-buitelug-demo-dag.
Elke span bestaan uit 1 volwassene (bo 18 jaar) en 1 kind tussen die ouderdom 7-12 jaar. Die wenspan stap weg met ‘n groot Weber-braai en die tweedepryswenner ontvang ‘n klein Weber-braai. Elk van die tien finalis-spanne ontvang ook ‘n Pick n Pay-koopbewys ter waarde van R500.
Kom spog met jou familie se braairesepte en kom wys wie is baas in hierdie lekker familie-kompetisie.
Besoek www.bloemskou.co.za vir die kompetisiereëls en inskrywingsvorms en skryf in voor 22 April. Skakel Bloemskou by 051-448-9894 vir meer inligting.

Share post:

Popular

More like this
Related

Government welcomes 0.5% GDP growth in first quarter

Government has welcomed South Africa's 0.5% gross domestic product...

Power interruption at Market DC

Centlec has notified residents of a power outage at...

Students invited to pitch beauty business ideas

Motheo TVET College students with a passion for hair,...

CUT prepares future teachers for classroom success

The Central University of Technology, Free State (CUT) has...